Due to the Popia law,no photos are posted as permission was not obtained from the residents
BOODSKAP VAN ONS VOORSITTER/CHAIRMAN’S MESSAGE
Dit is weereens ’n voorreg om die nuwe inwoners welkom te heet. Baie dankie dat u Warmbad
Renaissance Sekuriteitsaftreeoord gekies het as u nuwe tuiste. Jammer, ons toegangspad
, naamlik Soetdoringstraat, is nie in ʼn goeie toestand nie. Die Munisipaliteit het die inwoners van
die buurt verhinder om die pad reg te maak en straatligte te vervang. Gelukkig is hulle nou besig
om ʼn lap-en-las-poging aan te wend as herstel aksie.
Vir al die inwoners van Warmbad Renaissance, baie dankie vir jul ondersteuning aan die
Bestuurskomitee om die Oord ʼn beter plek te maak.
Nou is daar ʼn MAAR, gelukkig in die minderheid wat baie onvergenoegd is.
Die afgelope tyd het ek baie dinge waargeneem. Onder die mede inwoners het die “Eie Ek” baie
na vore gekom. Dit het ook in ʼn slegte lig gemanifesteer. Nyd, onverdraagsaamheid, ontkenning,
onvergewensgesindheid, fobiese gedrag en dergelike negatiewe invloed, veral teenoor persone
wat hul plig doen, het in rasse skrede toegeneem. Moenie jou vals opsommings versprei nie.
Elkeen van ons moet net dankbaar wees in die oggend as jy jou oë kan oopmaak en weet jy leef
nog. Dank God daarvoor en vra vir Sy leiding om Sy naam deur die dag te verheerlik. God gaan
jou nie lei om jou medemens te verpes met ʼn geskinder, afgunstigheid, jaloersheid en ander
negatiewe sienings nie. Dit sal net jou besluit wees om hierdie negatiewe lewenswyse uit te leef.
Ek vertrou dat die volgende seisoen wat kom, minder Winter in ons harte sal laat ontstaan en
ons die bloeisels van ander se probeer sal waardeer en nastreef.
Baie dankie
WESSIE
It is once again a privilege to welcome the new residents. Thank you very much for choosing
Warmbad Renaissance Security Retirement Village as your new home.
Sorry, our access road, namely Soetdoring Street, is not in good condition. The municipality has
prevented the residents of the neighbourhood from fixing the road and replacing streetlights.
Fortunately, they are now making a patch-up effort as a repair action.
To all the residents of Warmbad Renaissance, thank you very much for your support of the
Management Committee in making the Village a better place.
Now there is a BUT, fortunately in the minority, who are very dissatisfied.
Lately, I have noticed many things. Among the fellow residents, the “Selfish Ego” has come to
the fore. It has also manifested in a bad light. Envy, intolerance, denial, unforgivingness, phobic
behaviour, and similar negative influences, especially towards people who do their duty, have
increased by leaps and bounds. Don’t spread your false summaries.
Each of us needs to be grateful in the morning when we can open our eyes and know you
are still alive. Thank God for that and ask for His guidance to glorify His name throughout the
day. God is not going to lead you to annoy your fellow human with gossip, envy, jealousy, and
other negative attitudes. It will be your own choice to live out this negative way of life. I trust
that the next season to come will create less Winter in our hearts and that we will appreciate
and pursue the blossoms of others’ efforts.
Thanks
WESSIE
***********************************************************************************
CHRIS HARRIS SE BOODSKAP
Om die vensters van jou hart oop te maak -Dr Chris Harris
Wat gee jou die moed en krag om elke dag op te staan en jouself gereed te kry vir die
nuwe dag?
As jy mooi daaroor dink, is dit die verwagting dat die nuwe dag iets nuuts bring. Dit is nie
‘n naïwe ingesteldheid nie, maar dalk eerder teken van jou geloof en hoop. Jy sien elke
dag as ‘n geskenk van God en jy is op die uitkyk vir God se goedheid. Sodoende verknies
jy jou minder oor dinge buite jou beheer. So ‘n ingesteldheid stimuleer ook jou brein om
goedvoelhormone vry te stel.
Oefen jou denke om te fokus op die hede as kans vir nuwe geleenthede. Deur te fokus
op vandag se seëninge, verwyder jy die las van gister en môre – die koei uit die sloot en
die bobbejaan agter die bult.
Herbevestig aan die begin van elke dag jou vertroue in God. Sodoende word die ervaring
van Sy teenwoordigheid groter as enige wroeging wat jy beleef.
Dink maar aan saad wat in die winter in die grond lê en wag vir die lente om te begin.
Daar is ‘n verwagting! En onthou -die nag is op sy donkerste, net voor die son deurbreek.
Oordink die volgende Bybelverse:
Romeine 8:19: Die skepping wag met reikhalsende verlange
Jakobus 5:7: Die boer wat met geduld wag op die kosbare oes van die land.
Psalm 130:6: My siel wag op die Here, meer as wat wagters op die môre wag.
Hebreërs 11:1: Geloof is ‘n vaste hoop op die dinge wat ons nog nie sien nie.
Jesaja 40:31: Die wat op die Here wag, kry nuwe krag en styg op soos arende.
“Vir dit wat verby is: Dankie. Vir dit wat kom: Ja!”
******************************************************************************************
In die twee vorige Nuusbriewe was die Voorsitter, Vise-voorsitter (hy hanteer ook Sekuriteit), Sekretaris bekend gestel. Hierdie kwartaal kom die
ONDERHOUD EN TUINE PORTEFEULJE – SUSAN VAN DER MERWE aan die beurt:
Vandat Susan hier aangeland het, het sy oorspronklik begin om eers haar eie tuin (E16) op te knap en toe om die openbare areas se tuine reg te ruk en nadat die vorige Onderhoudsbeampte weg is in 2024, het sy sommer geleidelik die Onderhoud gedeelte ook oorgeneem. Sy was vir 2025 en 2026 met die Algemene Jaar Vergaderings genomineer vir die gesamentlike portefeuljes. Sy kom oorspronklik van Witbank af waar sy haar eie keuterskool bedryf het, nl Lawaaidraai…
Sy het twee kinders en drie kleindogters en die einde van Julie het ‘n nuwe babaseuntjie bygekom. Sy geniet Renaissance en is orals waar nodig is beskikbaar.
****************************************************************************************
30 YEAR SERVICE AWARD
During the Management Committee meeting on 28th May 2026, William Baloyi was presented with a Certificate of Service and a trophy. All the other Renaissance workers were there to congratulate him.
****************************************************************************************
NUWE RENAISSANCERS
Baie keer wonder ‘n mens oor die kom en gaan van inwoners, maar weereens is dit ‘n voorreg om al die nuwe inwoners welkom te heet en te glo dat dit vir almal aangenaam sal wees om hier te bly en veral die Kapenaars wat die Bosveld kom opsoek het. Welkom namens die Bestuurskomitee en al die ander inwoners.
TJAART EN HANTIE VAN DER WALT – E4
Hulle kom oorspronklik van Boksburg af en het vir ‘n paar jaar by Die Oog in Naboomspruit gebly en daarna by Caritas, voordat hulle ‘n eenheid hier by Renaissance kom huur het. Tjaart was ’n dieselwerktuigkundige en het oral in Suid-Afrika gewerk. Hy is nou rolstoel gebonde nadat hy sy bene as gevolg van Diabetes verloor het. Hulle het 2 kinders. Hul seun bly in Boksburg en hul dogter bly in George en hulle het twee kleindogters.
THEO FOURIE – E10
Theo kom oorspronklik van Ermelo af en het ook by die Stadsraad van Piet Retief gewerk. Hy bly nou reeds 25 jaar in Bela-Bela en was betrokke by die Raad vir Openbare Oorde. Sy vrou is reeds oorlede en hul was 40 jaar getroud. Hy is die gelukkige ouer van 5 kinders, 11 kleinkinders en 5 agterkleinkinders. As daar ‘n funksie in Warmbad gehou word en daar is stalletjies, gaan soek maar vir Theo by die ‘Chip ‘n Dip’ waentjie wat baie goed ondersteun word en dit hou hom voltyds besig. Hoop maar hy gaan tyd kry om aan die Oord se aktiwiteite deel te neem.
HENNIE EN HETTIE DELPORT – E57
Hennie en Hettie kom van Potgietersrus af en is nou naby boet André en skoonsus Christiene Rudolph. Hy het skool gegaan by die HTS in Springs en sy was in Sundra Hoërskool. Hy was in die Elektriese Ingenieurwese bedryf en sy ʼn Haarkapster en hul is reeds 53 jaar getroud. Hulle het 4 kinders, 3 seuns en 1 dogter. Hul het ook 5 kleinkinders en die eerste agterkleinkind is oppad. Hulle is ook lief om in die tuin rond te krap.
LORET GREEFF – E62
Loret het in Pietersburg grootgeword en 40 jaar daar gebly. Was ook in die Wes Transvaal vir 10 jaar. Sy was ook Hoof Finansiële Beampte by hospitale. Sy het onlangs van die plaas af hier ingetrek met liefdevolle ondersteuning van haar dogter en kleinkinders. Sy en haar oorlede man was 53 jaar getroud. Sy het 4 kinders, 9 kleinkinders en 11 agterkleinkinders. Sy doen lintborduurwerk en die pragtige bewyse daarvan hang in haar eenheid. Mag jou verblyf een van vreugde en voorspoed wees.
LOURENS & BETS ERASMUS – E77
Nadat hul die aanbod aanvaar het om hier te kom bly, het hul Klein Brakrivier verruil vir Bela-Bela. Mag julle hier die rustigheid van die Bosveld ervaar en mag Lourens Jnr ook hier gelukkig wees. Hulle het drie kinders en hul dogter bly in Nederland. Hulle speel graag rolbal en Lourens is op sy gelukkigste met sy houtwerk en Bets doen baie naaldwerk. Ons kan maar net sê welkom tuis.
SIDNEY & PETRO BOTHA – E97
Isabel Brooks het na Des se afsterwe ‘n ruk in Australië by haar seun gebly maar terug gekom en omdat sy ‘n diabeet is en so te sê nie alleen kan bly nie, het sy aansoek gedoen vir haar dogter en skoonseun om hier te kom bly. Hul het in Scottsburgh aan die kus gebly. Hoop hul sal gou inskakel en Moeder gelukkig hou.
ANGI GERMISHUYS – E100
Angi is in Klerksdorp gebore, waar haar pa op die myn gewerk het, en soos die jare aangegaan het, het hulle baie verhuis as gevolg van haar pa se betrokkenheid by die mynwese. Sy het eers in Pretoria gebly maar is vanaf 2006 in Bela-Bela waar sy haar eie prokureursfirma bedryf. Sy het twee volwasse kinders en twee kleinkinders, asook twee tieners van 15 en 16 jaar wat in ‘n koshuis by Menlopark Hoërskool is en elke tweede naweek by haar kom kuier. Mag jy hier ‘n baie gelukkige en rustige verblyf beleef.
LOUIS EN CONTESSA KRUGER – E105
Hulle kom van Victoria Wes af en het die Kaap verruil vir die Bosveld. Hulle is albei nog aktief besig met besighede. Hulle het twee kinders. Hul dogter bly in Mauritius en het twee seuns. Hul seun bly in Cullinan. Mag jul verblyf ‘n lang en gelukkige een wees.
JOHN AND MARGARET DETTMER – E118
John and Margaret were born and raised in England. They met through a mutual friend while he was a firefighter, and she worked in a shoe shop. They have been married for 62 years and have been living in South Africa for the past ± 50 years. John worked at Iscor but later worked as a draughtsman in Randburg. Margaret worked in marketing and is a keen photographer.
JONES EN CHRISTA FERREIRA – E130
Hulle het in Pretoria opgegroei en was saam op CR Swart Hoërskool. Hulle het vir 25 jaar in Kanada gebly en was ook ʼn jaar in die Verenigde State van Amerika. Hulle het van Waverley in Pretoria hiernatoe verhuis en die hoop is dat hul vinnig sal tuis voel. Hulle is reeds 51 jaar getroud en het 2 kinders en 3 kleinkinders. Christa was betrokke by die Rekenaarbedryf en Jones by ‘n Drukkersmaatskappy.
*************************************************************************************
OORD VERLATERS
ANTIONETTE VISSER – E13 – Antionette het ‘n eiendom by Hartbeespoortdam gekoop na haar aftrede en soontoe verhuis. Geniet elke dag en moenie so hard werk nie want ons hoor jy is nog steeds by die werk betrokke.
ISABEL BEHRENS – E62 – Weens haar gesondheid het die kinders haar na Rusoord Oue Tehuis verskuif en ons hoop is dat sy gou daar sal inskakel.
ANS MATTHYSER – E77 – Ans het die eenheid gehuur en nadat die eienaar dit verkoop het, het sy by haar seun hulle wat net buite Bela-Bela op ‘n plaas is, gaan bly. Sterkte Ans en hoop jou gesondheid is ok en dat die ‘oog’ alles sal uitkyk.
PIETER JANSE VAN RENSBURG – E90 – Pieter bly nou by sy dogter in Bela-Bela en hoop die aanpassing sal hom goed doen. Ons gaan die bederf Mangos mis wat hy altyd so vryelik uitgedeel het.
PHILLIP EN RONEL VAN DER WALT – E100 – Phillip en Ronel het ‘n ander huis by Hide-away gekoop waar hul baie gelukkig is met al die diere en tarentale wat daar rondloop. Nou kan Phillip weer sy voëltjies aanhou en miskien ‘n diertjie of twee ook aanskaf.
EDNA CORNELIUS – E118 – Edna het na lang oorweging besluit dat alleen bly nie meer vir haar is nie en het na die Annie Schultz Versorgingseenheid verhuis. Sterkte Edna en mag jou verblyf daar lank en gelukkig wees.
*******************************************************************************************
IN MEMORIAM
Dit is altyd sleg om te hoor van ons inwoners wat oorlede is. Gedurende die laaste paar maande is eers Mynhard Maree (E25) na ‘n lang tydperk van siek wees op die 24ste Mei 2026 oorlede en ook Hester van Eeden (E60) wat na ‘n paar dae in die Kloof Hospitaal ook oorlede is op die 1ste Junie 2026. Op 2 Augustus 2026 is Jannie Botha van Soetdoring Tuindienste oorlede na ‘n baie lang stryd met siekte. Hy was vir jare betrokke hier by die Oord en ons sal sy waggelstappie mis.
Sterkte aan die naasbestaandes en mag u spoedig berusting vind.
As daar van die inwoners is wat nog vir Flip Dreyer wat die Onderhoud hanteer het. kan onthou, wil net deurgee dat hy op die 27ste Junie 2026 oorlede is.
********************************************************************************************
DUPLICATE KEYS – THE KEY TO HELP IN EMERGENCIES.
We are once again asking residents to keep duplicate keys at the admin office. This is strictly to let somebody in if an emergency occurs. Please do not leave a key in the keyhole, as it will prevent help from entering.
Also, test your panic button regularly to ensure you can contact security in an emergency.
*******************************************************************************************
WAAR ‘N ROKIE WAAR’ DAAR ‘N VUURTJIE!
Elke jaar sodra dit aanstap winter se kant toe, raak die weste kant van die Oord se inwoners bekommerd, want die oop veld daar naby is altyd kwaaddoeners se teiken om die droë veld aan die brand te steek. Hierdie jaar was geen uitsondering, want op 10 Junie het die vlamme al dreigend nader gekom nadat boosdoeners dit weer aan die brand gesteek het. Danksy die omgewing se brandbestryders organisasie se flinke optrede om voorbrand te kom maak het die vuur darem nie te naby gekom nie. Met dank aan Andries van der Heyde van die DA se betrokkenheid, het dit gehelp dat die vuur onder beheer gebring kon word. Net altyd hartseer om die diertjies en voëltjies wat in die bosse is, se paniek te sien as die vuur so nader kruip.
*******************************************************************************************
INWONER AKTIWITEITE
Hier is heelwat nuwe inwoners wat dalk nie bewus is van die aktiwiteite wat beskikbaar is nie, en hiermee dus ʼn paar ter inligting:
BIBLIOTEEK: Daagliks van Maandag tot Vrydag tussen 8 vm. en 2 nm.
SNOEKER: Maandae om 2nm in die Lapa
VEERPYLTJIES: Donderdae 3:30 in die winter en 4nm in die somer in die Lapa
HOEFIES: Maandae om 9vm
JUKSKEI: Woensdae om 9vm
OEFENINGE: Maandae, Woensdae en Vrydae om 8vm vir 30 minute in die Lapa
KERKDIENS: Elke laaste Sondag van die maand is daar ‘n interkerklike diens: 16:30 in die Winter en 17:00 in die Somer in die Nes
Vir enige ander aksies, kontak die Funksiegroep
***************************************************************************************
MANNE EN GADES ONTBYT – 19 JUNIE 2026
Flip Botha maak wors. Almal word genooi na die oggend van Wors, Pap en sous, met
‘n geringe fooitjie daarby. Die boodskap het ongelukkig nie almal bereik nie, maar
weereens kuier dié wat daar was, ‘n hond uit ‘n bos. Dankie weereens aan Flip en sy helpers.
******************************************************************************************
VETKOEKDAG 26 JUNIE 2026
Een van die mees populêre funksies in die Oord. Almal sien altyd uit na Vetkoek bak dag. Hierdie maand het al die funksiegroep se dames weer lekker saamgewerk en al die inwoners het lekker gesmul aan die vetkoek wat altyd ‘n wenner is.
*****************************************************************************************
Bestuurder boos: “Koos, ek hoor dat jy jou wéér skandalig gedra het by gisteraand se kantoorpartytjie? Is dit waar dat jy ʼn kruiwa in die Konferensie saal rondgestoot het?”
Koos: “Meneer behoort mos te wéét, U WAS DAN IN DIE KRUIWA!”
*******************************************************************************************
Vetkoek met ’n doel 🍴✨
By ons aftreeoord is vetkoek nie net ’n lekkerny nie – dit is ’n projek met ’n hart! ’n Groep dames bak gereeld vars vetkoek wat onder die inwoners verkoop word. Die vraag het onlangs ontstaan: wat gebeur met die geld uit hierdie verkope?
Die antwoord is eenvoudig én inspirerend. Met die fondse wat ingesamel is, is die Lapa en Die Nes onlangs oorgedoen, wat ’n gesellige en opgeknapte kuierplek vir almal geskep het. Wanneer daar funksies soos die Kersete aangebied word, word die wins uit die vetkoekverkope gebruik om die kaartjies se pryse so laag as moontlik te hou – sodat elke inwoner kan deelneem sonder dat koste ’n struikelblok word.
En die planne stop nie daar nie! Die volgende projek wat aangepak gaan word, is om nuwe gordyne vir die Lapa te maak. Só word elke vetkoek wat gekoop word, ’n bydrae tot’ n mooier,tot’ er en meer gemeenskaplike leefruimte.
’n Groot dankie aan almal wat die vetkoekverkope ondersteun. Julle koop nie net ’n happie nie’ julle help bou aan ’n tuiste vol saamhorigheid en vreugde.
Vetkoek with a Purpose 🍴✨
At our retirement home, vetkoek is not just a treat – it’s a project with a heart! A group of ladies regularly bake fresh vetkoek, which is sold to the residents. The question recently came up: what happens to the money from these sales?
The answer is simple and inspiring. With the funds collected, the Lapa and Die Nes were recently renovated, creating a cosy and refreshed gathering space for everyone. When functions such as the Christmas Dinner are held, profits from vetkoek sales subsidise the event, keeping ticket prices as low as possible so every resident can join in without cost being a barrier.
And the plans don’t stop there; the next project is making new curtains for the Lapa. So every vetkoek you buy contributes to a more beautiful, warmer, and more communal living space.
A big thank you to everyone who supports the vetkoek sales. You’re not just buying a bite – you’re helping build a home filled with togetherness and joy.
FUNKSIE GROEP/FUNCTION GROUP
**********************************************************************************************
In a Factory: A man was standing on the floor, not doing any work and looking aimlessly…
The factory CEO came over and asked him his salary…
The man replied: “R5000, sir”
The CEO took out his wallet, gave him R15000, and told him…
“I pay people here to work and not waste time. This is your 3 months’ salary; get out of here. Never come back.”
The guy left…”……………
Then the CEO asked the other workers: “Who was that guy?”
Workers replied: “Pizza delivery boy, sir”
Moral: Don’t overreact in a situation!
******************************************************************************************
DONDERDAG 16 JULIE 2026 – SOP EN SJERRIE OGGEND
Weereens het die funksiegroep hul goed van die taak gekwyt om ‘n kuieroggend met sop en sjerrie aan te bied in die nuut opgegradeerde Lapa. Dit was baie goed ondersteun; die sop was heerlik, en om alles te kroon, was daar al te lekker tuisgebakte brood en vetkoek.
*******************************************************************************************************
DIE BESTUURSKOMITEE.
Aangesien daar baie nuwe inwoners in die Oord is en daar baie misverstande bestaan oor die Bestuurskomitee, word ‘n bietjie meer inligting hiermee deurgegee: Die Bestuurskomitee word verkies met nominasies deur die inwoners en as daar baie nominasies is, waarvoor die genomineerde persone moet bevestig of hul verkies wil word of nie, word die lede per stemming op die Algemene Jaarvergadering benoem. Indien daar slegs ‘n paar persone genomineer word, word die indeling van portefeuljes aan dié persone toegeken in ‘n vergadering wat deur die Ontwikkelaar gelei word. Almal moet net verstaan dat alhoewel ons almal hier kom aftree het, is daar beheer wat toegepas moet word en die lede wat verkies word om die taak te verrig, doen dit vrywillig met geen vergoeding en staan hul tyd af om die Oord te laat funksioneer. Lede kry van tyd tot tyd te doen met onvergenoegde inwoners en as daar van die inwoners is wat ongelukkig is oor die hantering van sekere sake deur die Bestuurslede, bespreek dit met die persoon of nader die Voorsitter. Moet asseblief nie die Bestuurskomitee lede afkraak nie, want elkeen van hulle probeer hul bes en partykeer moet daar besluite geneem word om al die inwoners veilig en gelukkig te hou en om dinge te laat werk en negatiewe kritiek benadeel nie net die persoon nie, maar ook die Oord. Die Bestuurskomitee bestaan normaalweg uit die volgende portefeuljes: Voorsitter, Vise Voorsitter, Sekretaris, Onderhoud, Tuine, Finansies, Administrasie, Sekuriteit, Inwoner aktiwiteite, Kommunikasie en ‘n addisionele persoon wat omsien na die bestuur van ons munisipale rekening. Die Bestuurskomitee hou elke laaste Donderdag van die maand (uitsluitend Julie en Desember) vergaderings om sake wat die Oord raak te bespreek en te kyk na die finansiële posisie van die Oord. Vir enige verdere inligting kan die Konstitusie en Gedragreëls nagegaan word.
MANAGEMENT COMMITTEE
Since there are many new residents in the Village and many misunderstandings about the Management Committee, we provide more information: The Management Committee is elected through nominations from residents, and if there are many nominations, the nominated persons must confirm whether they wish to be elected. Members are elected by vote at the Annual General Meeting. If only a few people are nominated, the Developer will assign portfolios in a meeting. Everyone should understand that, although we all came here to retire, the Management Committee must still apply controls. Members elected to perform these tasks do so voluntarily, without compensation, and give up their time to keep the Village functioning. From time to time, members must deal with dissatisfied residents. If any resident is unhappy with how Management members handle certain matters, discuss it with the person or approach the Chairman. Please do not disparage the Management Committee members, because each of them is trying their best, and sometimes decisions must be made to keep all residents safe and happy and to make things work; negative criticism harms not only the person, but also the Village. The Management Committee normally consists of the following portfolios: Chairman, Vice Chairman, Secretary, Maintenance, Gardens, Finance, Administration, Security, Resident Activities, Communication, and an additional person who oversees our municipal account. The Management Committee meets monthly on the last Thursday of the month (excluding July & December) to discuss Village matters and review the financial position. More information is available in the Rules of Conduct and Constitution.
***********************************************************************************************
BAKING SODA FOR PEST CONTROL 🌿
Baking soda is cheap, safe, and handy. With a few simple tricks, it can help keep pests away without using strong chemicals.
1️⃣ Cockroaches – Mix equal parts baking soda and sugar. Sprinkle behind fridges, stoves, and in dark corners.
2️⃣ Fleas – Blend baking soda with fine salt. Spread on carpets, rugs, and pet bedding. Leave for hours, then vacuum well.
3️⃣ Ants – Combine baking soda with powdered sugar. Place near ant trails, doorways, and nest spots.
4️⃣ Clothes Moths – Keep an open bowl of baking soda in wardrobes or storage boxes to reduce smells and discourage moths.
5️⃣ Mice & Rats – Mix baking soda with flour. Put small amounts along walls, holes, or places where rodents roam.
6️⃣ Spiders – Dissolve baking soda in water. Spray lightly into corners, behind furniture, and cracks.
7️⃣ Slugs, Snails & Centipedes – Sprinkle baking soda directly on paths or problem areas—avoid sprinkling on plants.
💡 Extra Tip – This method is gentler than chemical sprays and safer for homes with kids or pets.
A powerful and natural cleaning combination (pine gel and bicarbonate of soda) for:
- Toilet Bowl Cleaner: Mix equal parts pine gel and bicarbonate of soda to create a paste. Apply to the toilet bowl, let sit, and scrub before flushing.
- Sink and Drain Cleaner: Mix 1 part pine gel with 2 parts bicarbonate of soda. Pour down the drain, let sit, and rinse with hot water.
- Shower and Tile Cleaner: Mix equal parts pine gel and bicarbonate of soda to create a paste. Apply to shower walls and tiles, let sit, and scrub before rinsing.
- Carpet Deodoriser: Mix 1 part pine gel with 2 parts bicarbonate of soda. Sprinkle on carpets, let sit, and vacuum.
- Oven Cleaner: Mix equal parts pine gel and bicarbonate of soda to create a paste. Apply to oven surfaces, let sit overnight, and wipe clean.
******************************************************************
Hierdie kwartaal kom ‘n paar van ons ander diertjies in Renaissance aan die beurt.
Dit is net baie jammer dat die gebande muishonde nie meer met ons is nie. Partykeer was hulle lastig, maar toe het ons geen las van krieke gehad nie. Jammer dat hulle net verdwyn het.
BLOUKOP KOGGELMANDERS (Acanthocerus atricollis)
Agamas belong to the class Reptilia, order Squamata, and suborder Sauria (Lacertilia). The image above is of the tree agama (Acanthocerus atricollis). The Afrikaans name “bloukop koggelmander” is very descriptive and refers to the distinctive, highly visible ultramarine colour of the head during breeding. These beautiful little creatures are extremely territorial and become quite tame. Renaissance residents often become very fond of “their” bloukoppies.
The body is covered in spiny scales. Females and juveniles have cryptic colouration, which helps them blend in well with the tree bark. Agamas have a curious way of bobbing or nodding their heads when displaying. They feed mainly on insects. They lay eggs, burying 4–14 in the soil during the summer. When threatened, they put on an aggressive display by opening their mouths wide to show a bright orange lining. If you see one in a tree and attempt to approach it, it will run to the other side of the tree, keeping the tree between you and itself whilst peering at you from the other side.
NAGAPIES
Wat verskeidenheid en getalsterkte betref is nagapies die mees suksesvolle primitiewe primate in Afrika. Weens hulle groot oë beskik hulle oor uitstekende nagsig. Hulle gehoor is buitengewoon skerp en hulle lang sterte help hulle om hulle balans te behou. Nagapies is ongelooflik rats. Hulle sterk agterbene stel hulle in staat om enorme afstande vir so ‘n klein diertjie te spring. Die langste afstand wat al gemeet is, is 2.25 m. Hulle groot ore help hulle om vlieënde insekte in die donker op te spoor en in die vlieg te vang. Hul is nagdiertjies en word selde gesien en soms gehoor.
Hierbenewens is hulle baie lief vir boomgom, vrugte en selfs klein diertjies.
| BOOMEEKHORINGS
Die boomeekhoring, soos sy naam sê kom in ‘n verskeidenheid boom habitats voor vanaf Limpopo tot verder op in Afrika. Nes ander eekhorings bestaan sy dieet uit: sade, bessies, vrugte, blomme, insekte en akasia boom-gom. Hulle is ewe tuis in bome of op die grond om kos te soek. Hulle gebruik boomholtes om snags te rus of kleintjies groot te maak. Hierdie eekhorings teel enige tyd van die jaar en gee geboorte aan 1-3 kleintjies van sowat 10g elk. Die kleintjies verlaat die nes vir die eerste keer na 20 dae en is op 5 weke gespeen van hul ma. Die ouers voorsien geen soliede kos aan hul kleintjies nie. Hulle leef in ‘n groepie van ± 5 eekhorings, die volwasse mannetjie of mannetjies beskerm hul groepie teen gevaar en ander eekhorings. Die groepie slaap saam, was mekaar en merk mekaar met anale klierafskeidings (hulle ken mekaar uit deur hul gedeelde reuk}. Hier in Renaissance is hul bekende diertjies en tot party inwoners se misnoeë maak hul slaapplek en broeiplek in van die eenhede se dakke. |
*******************************************************************************************
Rede hoekom ek nie by ryk mense wil kuier nie!
Rede hoekom ek nie by ryk mense wil kuier nie!
Vraag: “Wat wil jy drink… vrugte sap, koeldrank, tee, milo, hot chocolate, of koffie?”
Antwoord: “Tee, asseblief.”
Vraag: “Ceylon tee, kruie tee, rooibos tee, heuningbos tee, ystee of groen tee?”
Antwoord: “Ceylon tee, asseblief.”
Vraag: “Hoe verkies jy dit? Swart of wit?”
Antwoord: “Wit, asseblief.”
Vraag: “Melk, cremora, of kondensmelk?”
Antwoord: “Melk, asseblief.”
Vraag: “Bokmelk, kameelmelk of beesmelk?”
Antwoord: “Beesmelk, asseblief.”
Vraag: “Melk van ‘n vrieskoei, Jerseykoei of Afrikanerkoei?”
Antwoord: “Umm. Ek sal dit eerder swart neem, asseblief.”
Vraag: “Verkies jy dit met versoeter, suiker of heuning?”
Antwoord: “Met suiker, asseblief.”
Vraag: “Beetsuiker of rietsuiker?”
Antwoord: “Rietsuiker, asseblief.”
Vraag: “Wit, bruin of geel suiker?”
Antwoord: “Vergeet maar net van die tee. Ek sal eerder ‘n glas water vat dankie.”
Vraag: “Mineraal of stil water?”
Antwoord: “Mineraal water asseblief.”
Vraag: “Gegeur of ongegeur?”
Antwoord: “Ag los maar….ek vrek liewer van die dors!”
****************************************************************************************
Little Poem For Seniors, so true it hurts!
Another year has passed, and we’re all a little older.
Last summer felt hotter, and winter seems much colder.
Not long ago, life was quite a blast.
Now I fully understand ‘Living in the Past’
We used to go to weddings, Football games and lunches.
Now we go to funeral homes and after-funeral brunches.
We used to go out dining and couldn’t get our fill.
Now we ask for doggie bags, come home and take a pill.
We used to often travel to places near and far.
Now we get sore asses from riding in the car.
We used to go to nightclubs and drink a little booze.
Now we stay home at night and watch the evening news.
That, my friend, is how life is, and now my tale is told.
So, enjoy each day and live it up…Before you’re too damned old!
P.S. Yes, I am thankful to live till I’m this old… and really thankful I can laugh about it.
*******************************************************************************************
So many people are affected by this illness, and a few facts may help us understand its
seriousness.
DIABETES
Diabetes is a common condition that affects people of all ages. There are several forms of
diabetes. Type 2 is the most common. A combination of treatment strategies can help you
manage the condition to live a healthy life and prevent complications.
What is diabetes?
Diabetes is a condition that happens when your blood sugar (glucose) is too high.
It develops when your Pancreas doesn’t make enough insulin or any at all, or when
your body isn’t responding properly to insulin. Diabetes affects people of all ages.
Most forms of diabetes are chronic (lifelong), and all forms are manageable with
medications and/or lifestyle changes. Glucose (sugar) mainly comes from carbohydrates.
in your food and drinks. It’s your body’s go-to source of energy. Your blood carries
glucose to all your body’s cells to use for energy. When glucose is in your bloodstream,
it needs help — a “key” — to reach its final destination. This key is insulin (a hormone).
If your pancreas isn’t making enough insulin or your body isn’t using it properly,
glucose builds up in your bloodstream, causing high blood sugar (hyperglycemia).
Over time, having consistently high blood glucose can cause health problems, such as
heart disease, nerve damage and eye issues.
The technical name for diabetes is diabetes mellitus. Another condition shares the term
“diabetes” — diabetes insipidus — but they’re distinct. They share the name “diabetes”
because they both cause increased thirst and frequent urination. Diabetes insipidus is
much rarer than diabetes mellitus.
What are the types of diabetes?
There are several types of diabetes. The most common forms include:
Type 2 diabetes: With this type, your body doesn’t make enough insulin and/or your
body’s cells don’t respond normally to insulin (insulin resistance). This is the most
common type of diabetes. It mainly affects adults, but children can also have it.
Prediabetes: This type is the stage before Type 2 diabetes. Your blood glucose levels
are higher than normal but not high enough to be officially diagnosed with Type 2
diabetes. Type 1 diabetes: This type is an autoimmune disease in which your immune
system attacks and destroys insulin-producing cells in your pancreas for unknown
reasons. Up to 10% of people who have diabetes have Type 1. It’s usually diagnosed
in children and young adults, but it can develop at any age.
Gestational diabetes: This type develops during pregnancy in some people.
Gestational diabetes usually goes away after pregnancy. However, if you have gestational
diabetes, you’re at a higher risk of developing Type 2 diabetes later in life.
Other types of diabetes include:
Type 3c diabetes: This form of diabetes happens when your pancreas experiences
damage (other than autoimmune damage) that affects its ability to produce insulin.
Pancreatitis, pancreatic cancer, cystic fibrosis and hemochromatosis can all lead to
pancreas damage that causes diabetes. Having your pancreas removed
(pancreatectomy) also results in Type 3c.
Latent autoimmune diabetes in adults (LADA): Like Type 1 diabetes, LADA also results
from an autoimmune reaction, but it develops much more slowly than Type 1.
People diagnosed with LADA are usually over the age of 30.
Maturity-onset diabetes of the young (MODY): MODY, also called monogenic diabetes,
happens due to an inherited genetic mutation that affects how your body makes and
uses insulin. There are currently over 10 different types of MODY. It affects up to
5% of people with diabetes, and it commonly runs in families.
Neonatal diabetes: This is a rare form of diabetes that occurs within the first six months
of life. It’s also a form of monogenic diabetes. About 50% of babies with neonatal
diabetes have the lifelong form called permanent neonatal diabetes mellitus.
For the other half, the condition disappears within a few months of onset, but it can
return later in life. This is called transient neonatal diabetes mellitus.
Brittle diabetes: Brittle diabetes is a form of Type 1 diabetes that’s marked by frequent
and severe episodes of high and low blood sugar levels. This instability often leads to
hospitalization. In rare cases, a pancreas transplant may be necessary to permanently
treat brittle diabetes.
How common is diabetes?
Diabetes is common. Type 2 diabetes is the most common form, representing 90% to 95%
of all diabetes cases. About 537 million adults across the world have diabetes.
Experts predict this number will rise to 643 million by 2030 and 783 million by 2045.
THIS INFORMATION WAS SOURCED FROM GOOGLE.
*******************************************************************************************
KONSENTRASIEKAMP SE BEGRAAFPLAAS – MODIMOLLE
In die vyf jaar wat ons hier bly, was dit opvallend hoe die begraafplaas totaal oorgelaat is
aan verval. Gerhard het navrae gedoen en die bevinding was dat niemand regtig verantwoordelikheid neem vir die instandhouding nie.
Werkers is onmiddellik, met betaling, gewerf en die opruiming het begin.
Die positiewe reaksie wat daarop gevolg het, is bemoedigend.
Vrywilligers het verskeie vorme van hulp aangebied:
– Snoei van bome wat mettertyd onooglik uitgegroei & oorgroei het
– Wegry van vullis
– Skenking van & besproeiing met nodige gifstowwe om ongewenste gras onder beheer te kry.
Daar is ‘n persoon wat daagliks die hekke oopsluit & toesien dat werkers doen wat van hulle verwag word.
Gras word op ‘n weeklikse basis gesny.
Daar is nog baie beplanning om dit werklik so te verfyn dat dit die beste moontlike verteenwoordiging kan bied van ‘n intense gebeurtenis in Suid-Afrka se geskiedenis.
Die inwoners (Renaissance) is gevra om, waar moontlik, te help met plante om ‘n mooi
tuin aan te lê & die reaksie was oorweldigend. Baie dankie!
Oorspronklik het vorige betrokkenes beweer dat daar geen watertoevoer is nie, maar na baie gesoek & kundige se insette, is die waterpype gevind.
Die tuinmaak gaan dus baie makliker verloop. Hierdie projek sal September in alle erns begin.
Intussen is ‘n komitee op die been gebring & die belangstelling bo verwagting.
Indien daar inwoners is wat by die tuinmaakprojek betrokke wil raak, sal dit waardeer word. Kontak, asseblief, Gerhard (0827073214) of Caro (0827836167).
*************************************************************************************************
Hierdie nuusbrief is hoofsaaklik bedoel vir die inwoners van Warmbad Renaissance en word in ligte luim sodanig aangebied. Die inhoud weerspieël slegs die sameteller se mening/ This Newsletter is compiled mostly for the residents of Warmbad Renaissance and in light spirit and the contents are only the compiler’s view.

