UITTREKSELS UIT KWEVOEL NUUSBRIEF KWARTAAL 4 VAN 2025
VOORSITTER SE BOODSKAP
Hiermee net ʼn kort boodskap aan al die inwoners. Baie dankie aan die bestuurslede
en almal wat gehelp het om van die oord ʼn aangenamer tuiste te maak.
Die 10 jaar verf program vorder goed en die Nes se opknappings is uitstekend gedoen.
Net om die inwoners in te lig, die Funksie-groep het die fondse voorsien vir die
opgradering, baie dankie Esta en al jou helpers. Ek kan nie nalaat om dankie te sê aan
die twee manne, Johan Schreuder en Renier de Beer vir hul harde werk om die
onkostes so laag as moontlik te hou en wil ook net sê julle was twee ysters in die
proses gewees.
Baie dankie aan Alet Botha wat die Kwêvoël hanteer het, maar weens
omstandigdhede nie meer kon voortgaan nie. Rina du Toit het dit oorgeneem en
lewer ook ʼn uitstekende Nuusbrief aan die inwoners, baie dankie Rina.
Hiermee wens die Bestuurskomitee alle inwoners ʼn Geseënde Christus-fees toe. Dié
wat na familie en vriende toe gaan, geniet dit en kom veilig terug om 2026 ʼn
wonderlike jaar te maak.
BOODSKAP NAMENS BESTUURSKOMITEE AAN DIE VOORSITTER
Die Bestuurskomitee wil hul dank uitspreek teenoor die Voorsitter wat vir etlike jare
al die leisels vashou. Dit is geensins maklik om in die groot stoel te sit nie en party
dae wou hy handdoek ingooi, want jy kry inwoners wat vir ander die wêreld maar
moeilik kan maak. Gedurende hierdie jaar het Wessie ook baie gesondheids
probleme ondervind en die hoop word uitgespreek dat na volgende jaar se
ondersoek en wat daarmee gepaard gaan, daar goeie nuus sal wees.
***********************************************************************************
Tema: Ek sien omdat Jesus my sien! -Chris Harris
Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en
die siekes onder hulle gesond gemaak. (Matteus 14:14)
Die groot sleutel tot die verstaan waarom God mens geword het, lê in sy deernisvolle liefde vir mense (Joh
3:16-18). Wie dit mis, mis die hele Evangelie. Dit is immers hoekom ons Kersfees vier – God wat nou met
ons is omdat Hy ons raaksien!
Ons lees op talle plekke in die Bybel dat Jesus mense innig jammer gekry het. Hy het dan hulle behoeftes
raakgesien en na hulle uitgereik. Dit is ook hierdie “innig jammer kry” wat die barmhartige Samaritaan in
beweging gebring het. Die woord wat gebruik word om hierdie Jesus- meegevoel te verduidelik beteken
letterlik dat jou “ingewande op ‘n knop trek” soos wat jy aan die hart gegryp word deur die ander persoon se
nood.
Dit is geen meerderwaardige jammerkry nie. Ook nie ‘n blote “ag siestog “uit simpatie nie. Jesus se
binneste word omgedolwe uit empatie (meelewing) met mense se nood. Jesus kry nie jammer oor ‘n
afstand nie. Hy beweeg nader en raak mense aan. Hy raak selfs die melaatses en sondaars aan wat
dieselfde stigma beleef het as byvoorbeeld die mense wat in ons tyd aan HIV/VIGS ly. Hy maak
persoonlike fisiese kontak met mense.
Dit wat Jesus telkens gesien het, het Hom in beweging gebring. Ons kyk dikwels net na koue statistieke in
die media. Dit raak ons nie meer nie. Dit is anders as om mense met nood direk in die oë te kyk. Eers as
ons mense met deernis raaksien, bring dit empatie (medelye) in ons na vore.
Om deernis te hê beteken nie dat jy nie mense se foute raaksien nie. Innige meegevoel beteken egter om
verby iemand se tekortkominge te kyk. Die feit dat iemand nie in ons oë iets gedoen het om ons hulp te
verdien nie, beteken nie dat hulle nie ons hulp nodig het nie. Ons soek dikwels verskoning om nie empatie
te toon nie. Ons fokus teveel op mense se foute as verskoning vir ons eie apatie (onmenslikheid). Apatie
sien mense se foute raak en besluit om op ‘n afstand te bly terwyl empatie mense se pyn raaksien en dit
dring ons om betrokke te raak.
Alleen wanneer jy God se liefde en deernis beleef het, ondanks jou foute en tekortkominge, kan jy met
dieselfde liefdesoë na mense kyk en na hulle uitreik.
Mag die viering tydens die Kersgety van God (Jesus) se deernis, ons harte aan die brand steek vir die
nood van mense. Sodoende word die betekenis van Jesus se koms vir hulle ‘n soete werklikheid.
**********************************************************************************
Life has taught me that I am not always in
control. Life is full of experiences, lessons,
heartbreak and pain. But it has also shown
me love, beauty, possibilities and new
beginnings. Embrace it all. It makes us who
we are, and after every storm comes a clear
sky.
***********************************************************************************
JAAREINDE FUNKSIE – 2025
Donderdag 20 November 2025 het baie van die inwoners bymekaar gekom in die Nes
vir die Funksie van die Jaar. Groot lof aan almal wat die Nes opgeknap het. Dit lyk
pragtig en het meegehelp om die aand gesellig te maak. Weereens het die Funksie Groep hulself oortref met die kos.

DIE GROOT BEDERF!
Ertappelgereg,
Gemengde groente,
Pampoenkoekies,
Twee soorte vleis en
Heerlike nagereg
***********************************************************************************
ALGEMENE JAARVERGADERING – 27 November 2025
Nog ‘n jaar is verby en die inwoners kom luister na die begroting en mosies wat
ingedien was en neem besluite.
***********************************************************************************
NUWE BESTUURSKOMITEE – 2026
Na afloop van die vergadering met slegs die ondergenoemde persone wat genomineer was,
is hul in die verskillende portefeulje aangewys om op die Bestuurskomitee te dien:
Voorsitter : Wessie van der Westhuizen
Onder Voorsitter: Peter Bischoff
Sekretaris: Anna Bischoff
Onderhoud Dienste: Susan van der Merwe
Tuine: Susan van der Merwe
Inwoners Aktiwiteite: Esta de Beer
Tesourier & Kommunikasie: Rina du Toit
Sekuriteit: Peter Bischoff
Admin: Natascha Heinlein
Addisionele Lid: Johan Swanepoel
Werner Pauw – Ontwikkelaar en Frikman Nel – Bestuursagent, vorm ook deel van die
Bestuurskomitee
Baie geluk met die verkiesing van hetsy ou lede of nuut verkoses of moet ons liewers sê
sterkte. Dit is een van die ondankbaarste, nie-betaalde poste om te beklee. Voorspoed vir 2026


****************************************************************************
RESIDENTS’ ACTIVITIES
SNOOKER
The snooker players are active, and given the interest shown, they are considering playing over two days. They play on a Monday at 2 pm.
Seems to be a few ‘Happy Chappies’

***************************************************************************
| EXERCISES
Some of us have more energy than others to exercise on Mondays, Wednesdays & Fridays, which is essential for our elderly to stay fit. It is a very social event with lots of fun, as we are all not keeping up. In the near future, the plan is to use the TV **(YouTube) to provide more exercises for older people. Keep it up! |
****************************************************************************
‘MANNE ONTBYT’
Wednesday, 12 November 2025, quite a few of the menfolk got together for the usual ‘Manne Ontbyt’. All enjoyed it and had a good time. Thanks to Flip Botha for initiating the event.
******************************************************************************
DIE MOOI VAN ONS OORD
| September is Amarilla blom tyd. Van die inwoners in die Oord s’n is geen uitsondering en was lustig aan die blom! So ook die Clivias (Boslelies). Die winter was gou verby en voor ons mooi kon kyk was die lelies aan die blom die hele Oord vol. Selfs rare (Groen varkore, Karoo Lelie en Lidrose) met baie mooi blomme! |

*************************************************************************
HAMBURGER BRAAI!!!
Op Vrydag 12 September 2025 het die beloofde Hamburger braai plaas gevind. Almal het heerlik gesmul aan ‘slegs een per persoon’. Daar was in elk geval so baie bestanddele om op die hamburger te sit dat meer as een te veel sou wees. Dankie weereens aan die Funksie Groep vir ‘n lekker kuier aand.


**************************************************************************
LIEF
Delene Bekker (E58) gaan ń agter-agterkleinkind (seuntjie) ryker word. Wat ń groot voorreg.
Hoop groot-oumagrootjie gaan die kleinding geniet. Moet ook by sê, sy is die inwoner wat die langste in Renaissance bly (bykans 32 jaar)
***********************************************************************
LEED
Die Oord het weer sterfgevalle gehad waaroor ons baie jammer is en sterkte toewens aan die naasbestaandes.
Estelle van Heerden (E18)
Tom Robson (voorheen E79)
Ons innige simpatie aan Susan Hitge (E101) met die afsterwe van haar dogter.
************************************************************************
SIEKEBOEG.
Hoop die vorige kwartaal se krankhede is darem al minder en dat die meeste van julle al weer op die been is. Dié wat nog in versorgings eenhede en tuis verpleeg word, hoop dit sal ook een van die dae beter gaan.
Lizzy Viljoen (E87) is besig met kankerbehandeling en ons kan net sê: sterkte.
TOTSIENS
Johlene Coetzer – E13. Sy het verhuis na Bellville in die Kaap en ons wens haar alles van die beste toe.
Jan en Marietha Lombard – E127. Hul het lank gewag vir hul huis in Intaba-Indle om klaar gebou te word en uiteindelik kon hul daar gaan bly. Geniet die nuwe tuiste en hopelik sal Jan se gesondheid ook nou beter wees.
*****************************************************************************
TINKTINKIESTRAAT!
Aan die Oostekant van die Oord woon ons groepie lekker saam. Op 24 September het ons in die doodloopstraat van Tinktinkie saam vleis gebraai. Heerlik gekuier en saam geëet.
Dit is ook gebruiklik dat Johan en Linda, Chris en Sue, Dick en Ilze en Boet en Susan elke Woensdag lekker saam kuier. Elkeen bring sy eie drinkgoed en ‘n bordjie eetgoed. Daar word gesels oor vergange se dae, oorsese toere, kinders, kleinkinders, vriende en oor ons gesondheid. So het ons ‘n poeding aand gehad en ook ‘n worsbroodjie aand. Ons is almal baie gelukkig in die Oord waar ons as pensioenarisse so lekker ontspan en kuier.

********************************************************************************
NUWE INWONERS
Dit is altyd lekker om nuwe gesigte te sien en welkom te heet. Mag al die nuwe intrekkers gou- gou tuis voel en deel word van die Oord.
Antionette Visser – E13
| Antionette werk nog baie hard met die vooruitsig om Maart 2026 met pensioen te gaan (een van die gelukkiges). Sy is ‘n skuld invorderaar waarvoor sy baie moet rondry en somtyds moet uitslaap ook.
Sy het drie kinders en drie kleinkinders en om van hul woefies nie te praat nie! Sy is mal oor blomme en sy het die mooiste antieke meubels wat ‘n mens skoon jaloers maak. Mag die tydjie wat jy in Renaissance bly baie gelukkig wees. |
Marinus en Hannetjie Helberg – E19
| Baie welkom aan die Helbergs wat vanaf Pretoria hiernatoe getrek het. Hulle het vier kinders, sewe kleinkinders en een agterkleinkind. Hannetjie is lief om in die kombuis besig te wees en Marinus is ‘n rugby liefhebber maar weens sy sig wat verswak, is Hannetjie nou die steunpilaar om hom te help. Vir hulle was Renaissance die mees bekostigbaarste en die hoop is dat hulle lank en gelukkig hier sal bly. |
ANDREW AND SUZETTE HODGSON – U127
| Andrew and Suzette stayed in Linden, Johannesburg, and after visiting their friends here in Renaissance, they decided to sell their house and move to Warmbad, as they prefer the ‘platteland’.
Suzette was a hairdresser for 50 years and decided, no more. They are still busy settling in. They have no children but adore all their nephews and nieces. Andrew loves playing snooker, and his friend Paul quickly persuaded him to join the snooker players on a Monday. |
JEANNE BLITTERSWIJK – E133
| Jeanne is ‘n weduwee en ‘n ou inwoner van Warmbad en nadat die kinders haar oortuig het om van die groot huis ontslae te raak, het sy besluit op die Weskus as haar laaste woonplek. Sy het gedink die koop van ‘n huis in Velddrift aan die Weskus sou maande duur en nadat sy haar huis verkoop het, het sy hier kom huur vir ‘n tussenin periode. DIe koop het egter baie vinnig geskied en sy het nie eers kans gehad om uit te pak nie. So die welkom en totsiens gebeur sommer gelykertyd. Mag jou verblyf in Velddrift alles wees wat jy oor gedroom het. |
*********************************************************************************
| DAAR IS 4 DINGE WAAROOR JY JOU NIE HOEF TE SKAAM NIE:
1. OU KLERE: Want ou klere definieer nie jou talent nie. 2. ARM VRIENDE: Want ware vriendskap het nie status nie. 3. BEJAARDE OUERS: Want wat jy vandag is, is aan hulle te danke. 4. ‘n EENVOUDIGE LEEFSTYL: Want sukses word na aan leefstyl gemeet nie.
|
*************************************************************
| ‘DEFEAT’ is de things u put in de tekkies
‘DIVORCE’ is de thing you eat with de pap. ‘DEFENCE’ is de thing you put round de farm. ‘DESTROY’ is de thing de cow eats. ‘DELIVER’ is next 2 de kidney. ‘DEPLOY’ is on de face of de old lady. ‘DESCENT’ makes de girl smell good. DELAAF IS DE THING I HOPE YOU DO WHEN YOU READ DIS THING! |
***************************************************************************
VEILIGHEID VIR ONS BEJAARDES
Hiermee ’n paar wenke:
- Huis
Installeer grypstawe en handrelings in sleutelareas soos badkamers en trappe.
Verseker goeie beligting regdeur die huis, veral in gange, trappe en ingange.
Verwyder los matte.
Maak seker dat paniekknoppie in werkende toestand en byderhand is indien ’n noodgeval ontstaan.
- Brandveiligheid
Vermy om binnenshuis te rook en wees versigtig wanneer jy kook om kombuisbrande te verhoed.
- Medikasie
Organiseer medikasie in pilorganiseerders om verwarring te voorkom.
Hou ’n lys van medikasie en die dosisse byderhand.
Gooi vervalde of ongebruikte medikasie behoorlik weg.
- Voorkoming van val
Dra ondersteunende, nie-gly skoene binne en buite.
Gebruik mobiliteitshulpmiddels soos kieries of wandelaars indien nodig.
Oefen gereeld om krag en balans te hou.
- Voeding en Hidrasie
Bly gehidreer deur baie water deur die dag te drink.
Eet ’n gebalansseerde dieet ryk aan vrugte, groente en volgraan om algehele gesondheid te handhaaf.
Wees versigtig met alkohol gebruik, aangesien dit die risiko van val en interaksies met medikasie kan verhoog.
- Finansiële veiligheid
Wees versigtig vir swendelary wat bejaardes teiken, soos bedrieglike telefoonoproepe of e-posse.
Oorweeg om outomatiese rekeningbetalings op te stel om oorgeslane betalings te vermy.
Hersien finansiële state gereeld vir ongemagtigde of verdagte aktiwiteite.
- Emosionele welstand
Bly in verbinding met familie en vriende om gevoelens van isolasie te voorkom.
Neem deel aan aktiwiteite wat vreugde en vervulling bring, soos stokperdjies, groepsaktiwiteite of vrywilligerswerk.
Soek onderteuning van ’n terapeut of berader as jy oorweldig of angstig voel.
- Gereelde Gesondheidsondersoeke
Beplan gereelde ondersoeke met gesondheidsverskaffers om gesondheidstoestande te monitor en enige bekommernisse dadelik aan te spreek.
Hou inentings op datum, insluitend griepinspuitings en ander aanbevole entstowwe.
- Noodgereedheid
Hou ’n lys noodkontakte byderhand (die aanbevole lys van die Oord agter die kamerdeur)
Dit is familielede, bure, gesondheidsverskaffers en nooddienste.
Oorweeg dit om ’n mediese waarskuwingsarmband te dra met relevante gesondheidsinligting in geval van ’n noodgeval (as u enige gesondheidstoestand het).
- Bly op hoogte
Bly op hoogte van huidige gebeure, veral met betrekking tot gesondheids- en veiligheidsaanbevelings vir bejaardes.
Bly op hoogte van tegnologie wat kan help met veiligheid, soos mediese waarskuwingstelsels of slimfoontoepassings vir noodhulp.
Hierdie veiligheidswenke kan bejaarde individue help om onafhanklikheid en welstand te handhaaf terwyl hul die risiko van ongelukke of noodgevalle verminder.
Met apologie gekopieer en aangepas vanaf Montana Renaissance nuusbrief van Junie 2024
*******************************************************************************
Dit is so jammer dat die arme pou nou nie meer met ons is nie. Almal maak aannames oor hoe hy dood is, maar om met klippe te gooi as niemand weet deur wie se toedoen of dalk ander redes hy dood is nie, gaan hom nie terug bring nie. Hy het ook per ongeluk hier beland en allerhande bewerings was gemaak wat hy dan kwansuis sou doen en onverdraagsaamheid omdat hy gedoen het wat die natuur aan hom toe gesê het, deur te skree, omdat hy alleen was, het baie inwoners ontstel. Daar was allerhande manière om van hom ontslae te raak behalwe om hom dood te maak en as dit die geval was dat dit deur iemand se toedoen is, is dit jammer, want baie inwoners is siels ongelukkig omdat hy nie meer hier is nie, soveel so, dat die hele Warmbad daarvan weet.
Kom ons laat die saak nou daar, want hy is weg en verwyte en beskuldigings gaan niks aan die saak verander nie.
**********************************************************************************
| Keep your THOUGHTS positive, because your thoughts become your WORDS.
Keep your words positive because your words become your BEHAVIOUR. Keep our behaviour positive, because your behaviour becomes your HABITS Keep your habits positive because your habits become your VALUES. Keep your values positive because your values become your DESTINY MAHATMA GANDHI |
*********************************************************************
| Mag julle elkeen ń Christusfees vol vrede, liefde en vreugde ervaar saam met al die spesiale mense in jul lewens.
Mag Jesus die middelpunt van alle feesvieringe wees. Geseënde Kersfees |
*******************************************************************************
| Christmas is not so much about opening presents as it is about opening our hearts!
MERRY CHRISTMAS |

