UITTREKSELS UIT DIE 3DE kWARTAAL SE NUUSBRIEF!!!

ONS VOORSITTER AAN DIE WOORD

Die eerste helfte van 2025 is iets van die verlede. Elke inwoner behoort terug te kyk wat was sy bydrae om ons oord ʼn beter plek te maak. Een van die lewenswette is dat môre nie aan ons beloof is nie en ons het dit eerstehands beleef deur al die sterfgevalle wat reeds plaasgevind het. Nou moet elkeen homself afvra, wat was sy bydrae teenoor ander inwoners. Het ek uitgereik na ander? Het ek net stilgesit? Het ek meegedoen aan die beskikbare aktiwiteite? of het ek eerder gekies om my ore uit te leen vir ongegronde skinderpraatjies en kwaad te saai? het ek eerder ʼn paar mense saamgesleep om my ego te laat heers? Al hierdie aspekte het in hierdie periode plaasgevind, ons is afgetredenis en het nie hierdie negatiewe gedrag nodig nie. Baie dankie vir al die positiewe inwoners wat die ekstra myl loop van omgee en deelneem aan opbouende gesindhede. Saam met julle sal ek oorlog toe gaan met die wete hier is nie ʼn negatiewe agter my wat my lewe kan bedreig nie.

Daar is so baie aspekte wat genoem kan word wat kwellings veroorsaak nl:

Sekuriteit: Wanneer sekuriteit toegepas word, kan dit as ʼn oortreding van iemand se ego of persoonlike regte beskou word- en dit kan die res van die inwoners se samelewing negatief beinvloed.

Oord-werkers: Wat teen fooitjies gelok word vir takies in hul werktyd, dit veroorsaak dissiplinêre optredes wat hul afdanking kan veroorsaak.                                                                             Klagtes oor werkers wat in dienstyd slaap of op plekke wegkruip. Dit help nie ons kry die klagte ʼn paar dae later sonder bewyse van fotoś of getuienis van iemand anders wat dit ook gesien het nie.

Baie dankie aan die lojale inwoner wat die verfwerk op die muur agter die karavaan afdakke laat opknap het. Nogmaals baie dankie. Baie dankie aan die portefeulje bestuurders wat hard gewerk het in hierdie tyd.

Soos ek genoem het, môre is nie ʼn uitgemaakte saak nie, maar as jy jou oë kan oopmaak in die lewe, het jy ʼn kans. Die kans gaan gepaard met keuses, watter keuses jy gaan doen. Dit is ʼn geleentheid om vrede te maak en te vergewe. Kry al jou dokumentasies in orde. Ek bid dat die Here ons almal op hierdie verdere onbepaalde tyd sal lei en beskerm.

********************

Leef in Eenvoud  

Dr Chris Harris.                                                                    

Dit is amper lente.  Die bome het hul blare afgeskud en plek gemaak vir nuwe groei.  Dalk is dit ‘n goeie voorbeeld om ontslae te raak van dit wat ons groei belemmer …

Die christelike dissipline van eenvoud word gebore uit die begeerte om weg te skram van die frustrasie en uitputting van ‘n komplekse leefstyl.  ‘n Leefstyl wat streef om by te hou by die nuutse, beste en duurste tendense omdat ‘almal dit doen’.  ‘n Materialistiese kultuur het ‘n obsessie met besittings en uiterlike voorkoms.

Mense voel skaam om klere meer as een seisoen te dra of ouer model motors te bestuur.  Ons koop dikwels dinge waarvan ons nie hou nie, om mense van wie ons nie hou nie te beïndruk.  Die feit dat mense vandag honger ly solank hulle sekere motors/klere/huise kan bekostig, is getuienis van ons sug na status en besittings.  Dit is ‘n lewenswyse wat ‘n mens verslaaf en jou van jou lewensvreugde en gesondheid beroof.

Daarteenoor bring die dissipline van eenvoud vryheid, eerlikheid en egtheid na vore.  Jou identiteit (wie jy is) word dan nie gekoppel aan die wispelturige opinies van mense nie.   ‘n Sober lewenswyse wat eenvoud omhels en baie rustiger en eerlik is, is baie bevrydend.

Hier volg ‘n paar praktiese wenke om ‘n lewe van eenvoud te bewerkstellig:  ü Koop dinge vir hul bruikbaarheid eerder as hul status.

  • Vermy enigiets wat verslawing by jou ontwikkel soos televisie, sosiale media en tydskrifte.
  • Ontwikkel ‘n gewoonte om goed weg te gee. Daar is groot vryheid en vreugde in weggee.  Dalk is dit tyd om huis skoon te maak!
  • Hou jou ontspanning en sosiale lewe eenvoudig.
  • Stap of ry gereeld fiets en verken so jou woonbuurt, groet jou bure en kry nuwe waardering vir jou omgewing.

Prediker 5:9

Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks. 

********************

Happiness is a choice, not a result.

Nothing will make you happy until you choose to be happy.

No person will make you happy unless you decide to be happy.

Your happiness will not come to you.

It can only come from you.

********************

IN MEMORIAM

Dit is altyd hartseer om te hoor van inwoners wat oorlede is.

Die afgelope kwartaal is die volgende inwoners oorlede:

Marie Snyman – E45

Des Brooks – E97

Gerhard Swart – E137

Miemie Grobler – E94

Gerhard van Rooyen – E92

MJ van den Berg – E100

Sterkte aan hul naasbestaandes

********************

ONS NIE SO WEL INWONERS

Hier in Renaissance is ons almal die ‘Oues van Dae’ (Apologie vir dié nie so oud). Siektes en kwale oorval mos maar ons ‘Oues’.

Baie inwoners weet dalk nie eers van hul buurmense wat dalk nie te gesond is nie en in dié geval laat weet maar die Admin Kantoor,

want dan kan daar uitgereik word na diegene wat dalk net ‘n bietjie ondersteuning of hulp nodig het.

Hiermee die name van inwoners wat in die hospitaal is, wat tuis aan sterk, tuis verpleeg word of in versorgingseenhede is en ook dié wat van tyd tot tyd nie te gesond is nie.

Hettie Wasserman – E3

Sarie Smit – E7

Martie Bonnema – E23

Mynhardt Maree – E25

Herman van Eeden – E60

Lenie Steenkamp – E72                                                                                                   .2

Chris van den Heever – E75

Ans Matthyser – E77

Albert Michau – E88

Pieter Janse van Rensburg – E90

Annetjie van Rooyen – E92

Francois du Toit – E98

Kevin Quinn – E119

Wessie van der Westhuizen – E120

Jan Lombard – E127

As iemand oorgeslaan is, jammer daaroor.

********************

RESIDENTS’ ACTIVITIES

Although this may be a retirement village, some residents remain active, and there is plenty to keep everyone busy.

DARTS

This is the most popular activity at Renaissance. Not only are the residents improving their darts skills, but they all enjoy socialising with fellow residents.

This all happens on Thursdays. In summer at 4 pm and in winter at 3:30 pm

HOEFIES EN JUKSKEI

Sedert die begin van die jaar speel ons Hoefies en nou ook Jukskei.

Dit is groot pret en almal kry ook ’n bietjie oefening in. Kom sluit gerus aan. Maandae om 9vm vir Hoefies en Woensdae om 9vm vir Jukskei.

VETKOEK AKSIE

Soos ’n glad gesmeerde masjien, opereer die Funksie groep maandeliks met hul vetkoek bakkery. Dit is een van die goed ondersteunde aksies en al die inwoners geniet die vetkoek wat op bestellings gebak word en dan versprei word. Doen so voort julle dames.

Die Inwoners Aktiwiteite het altyd iets in die pyplyn vir al die inwoners.

Die volgende funksies word beplan en die datums sal later bekend gemaak word:

  1. Hamburger braai in September. Dié wat dit al bygewoon het kan getuig van lekker eet en samesyn. Elke persoon bou sy eie hamburger en kan enige iets opsit wat ruims voorsien word.
  1. Uitstappie in Oktober. Die venue en tyd moet ook nog bepaal word. Dié wat nie self by so ’n uitstappie kan uitkom nie, word met die bussie vervoer. Ander wat bereid is om hul voertuie te gebruik kan ook saamry geleenthede vir ander inwoners bied.
  2. Jaar-eind funksie in November. Dit is gewoonlik ’n feestelike geleentheid en die kos is altyd van die beste.

ONS OUES LEES GRAAG (TYDVERDRYF?)

Vanaf 1 Oktober 2024 is die biblioteek elke dag Maandag tot Vrydag tussen 8vm en 2nm oop vir al die leesgieriges. Vandat die biblioteek oopgestel is, ondervind ons ’n toename in die gebruik van die biblioteek boeke. Dankie aan die dames wat dit van tyd tot tyd in orde hou.

There is a large variety of library books in both Afrikaans and English available for all kinds of reading choices.

********************

If a joke makes fun of someone, it’s not funny.

If a game excludes someone, it’s not a game.

If a prank hurts someone, it’s not amusing.

If a conversation talks about someone who is not present, it’s not appropriate.

If love is conditional, it’s not love.

********************

TOTSIENS/GOODBYE

Ons het op 26 Junie 2025 afskeid geneem van Hester Botes (E130) wat vir baie jare die biblioteek behartig het tot verlede jaar wat haar gesondheid nie meer van die beste was nie.

Die Oord wens haar alles van die beste toe.

Tom Robson(U79) had a stroke and unfortunately had to move to a care centre, and we wish him all the best and most of all, better health.

********************

NUWE INTREKKERS

Die afgelope kwartaal het heelwat nuwe inwoners in die Oord hul tuiste kom vind. Vir baie seker ’n groot aanpassing want in ’n Aftree Oord is daar sekere  reêls wat na gekom moet word sodat die Bestuur dit sinvol kan laat opereer.

Almal van ons kom uit verskillende omgewings, omstandighede en agtergrond maar saam is ons nou die inwoners van ’n Aftree Oord. In skakeling by van die aktiwiteite en bywoning van funksies maak dat ons mekaar leer ken en sodoende dit ’n lekker omgewing maak vir almal.

ALBERT EN ELSA MICHAU – E88

Baie welkom aan Elsa wat vanaf Pretoria gekom het en nou gelukkig is in E88.

Sy reken die enigste steuring is die ‘Reservoir’ se kragopwekker wat haar vroeg oggend wakker maak.

Sy het altyd baie gebak, vernaam beskuit maar is nou rustig en bly maar met ander dinge besig.

Met in ag neming van persoonlike redes gee ons slegs hierdie deur.

WESSEL EN TILLA RAATH – E82

Wessel En Tilla het eers in Panorama Park gebly en toe besluit om Renaissance toe te kom. Hulle is baie gelukkig hier en soos Tilla sê baie aanpasbaar. Hulle kinders en kleinkinders is verstrooid oor die land en oorsee en Ouma word gevra wanneer sy eendag gaan ophou kosmaak en haar antwoord: Nooit! Wessel help graag uit met elektriese probleme en het reeds sy kant hier in Renaissance gebring. Seënwense vir ‘n lang en gelukkige verblyf word hul toegewens.

ANDRĖ EN CHRISTIENE RUDOLPH – E76

André en Christiene het in Pienaarstraat gebly voor hul besluit het om huis te koop in Renaissance. André is ‘n ou bekende in Warmbad en het reeds baie mense met lugverkoeling gehelp. Hy kan enigiets doen soos dit blyk uit die woelinge by E76. Christiene is gelukkig nog voltyds in ‘n beroep.

Hulle het 5 dogters wat almal afgestudeer het en  volgens hulle, nog net worshondjies aanhou. Geen kleinkinders in sig.

Mag julle baie gelukkig hier tussen die ‘oumense’ wees want hulle het dit net-net gemaak (ouderdoms gewys) om hier te kom bly.

ANDRĖ EN ESMĖ OLIVIER – E116

André en Esmé kom oorspronklik van Boksburg af maar as gevolg van sy werk was hulle al oor die hele land. Hy is op die oomblik betrokke met die pad herbouing tussen Bela-Bela en Thabazimbi. Hulle het drie kinders en ses kleinkinders. Esmé hou haar besig met naaldwerk en ‘scrapbooking’. As daar gehou word by die kontrak sal André nog 2 jaar besig bly.

Sterkte met die harde werk André en Esmé, hou maar aan muffins bak vir sy kosblik.

COLIN EN MARYNA KLEYN – E30

Colin en Maryna het van Alberton af gekom waar hulle langs ń besige snelweg gebly het en geniet nou die Bosveld stilte. Hulle het twee kinders en twee kleinkinders. Hul is baie lief vir reis en is op hul gelukkigste as hul kan rondry.

(G A T skuur soos hulle dit noem)

Geniet die Bosveld (hul is nie see mense) en mag jul hier in Renaissance jul aftrede geniet.

DOEP (DAVID) EN ANNETJIE DU PLESSIS – E52

Doep en Annetjie het vir ‘n lang tydperk in Caritas gebly maar omstandighede het hul na Renaissance laat kom. Hulle kinders is ook die land vol asook oorsee. Daar is tot agterkleinkinders ook! Hulle is regte huishenne en omdat Annetjie moeilik loop is hul maar meestal by die huis. Hul wil nog graag die tuin uitsorteer en hul spog met die mooiste groen varkore. Mag jul lank en gelukkig wees hier in Renaissance.

CHARLES EN MELANIE SMIT – E74

Charles en Melanie is altwee onderwysers. Charles by die Hoërskool en Melanie by die Laerskool. Hul het eers op Settlers gebly maar was gelukkig om hier in Renaissance ‘n plekkie te kry.

Die skole hou hul besig, so daar is min tyd vir ontspan. Melanie studeer ook nog verder. Hulle het twee dogters en ‘n seun maar nie kleinkinders nie.

Ons wens hul sterkte toe want in vandag se dae moet onderwysers hare op hul tande hê.

HESTER MAARTENS – E45

Hester het soos Wessel en Tilla ook van Panorama Park waar hul bure was gekom. Sy het haar huis verkoop en moes skielik ander blyplek kry en E45 het haar dadelik tuis laat voel. Sy werk by Tjaart Oosthuizen en is een van die gelukkiges wat nog kan werk. Sy is vir 3 jaar al ‘n weduwee en het 2 seuns en drie  kleinkinders.

Sy hou van tuinwerk wat soos sy sê, vir haar terapie is. Geniet jou verblyf tot die woonstel by die kinders meer aanvaarbaar is.

********************

Geleen:

Die ironie van oud word…

Jy spandeer jare om ‘n lewe te bou – werk hard, maak planne, help ander, dra swaar…jy’s die een met antwoorde, die een met oplossings.

En dan…kom ouderdom.

Skielik vra jy hulp. Skielik moet jy intrek. Skielik is jou raad nie meer altyd welkom nie en jou knieë en trots werk nie meer soos voorheen nie.

Jy gee jou motor op, jou honde, jou huis en jy begin leef uit bokse, herinneringe en gebed.

Dis nie maklik nie. Maar weet jy wat? Dis nie net verlies nie. Dit is ook ‘n nuwe soort rykdom: Jy leer wie jou regtig liefhet. Jy leer om nederigheid te dra soos ‘n medalje en jy ontdek ’n God wat naby bly, selfs as jy nie meer sterk staan nie

Ek is oud, ja. Maar ek is nie leeg nie. Ek is stiller, stadiger, sagter… maar dalk nou die heel naaste aan wat eg is.

So ja – oud word is ironies.Jy verloor baie, maar jy ontdek meer van jouself…en van God.

“Al vergaan my liggaam en my gees, bly God die rots van my hart en my deel vir altyd,” – Psalm 73:26.

Oud word is nie vir sissies nie- maar dit is ook nie sonder doel nie.

********************

Twee buurmanne het besluit hul wil besig bly hier in die Oord. Eers het hulle die hele gedeelte agter hul eenhede wat voorheen die ‘slangpark’ genoem was, met groot moeite en harde werk in ’n lushof omskep. Deesdae help hul inwoners om water tenks te installeer. Hulle onderhou dit ook en maak dit selfs skoon. Kyk maar rond vir Johan en Renier! Twee besige bytjies! Renier help ook met watersuiwerings eenhede.